‘n Sonopkoms en ‘n vol dag is twee van die Boeremark se eenvoudige beloftes op Saterdagoggend in die hartjie van Pretoria elke liewe week. Daar is min dinge wat so lekker is soos ‘n baie lang Saterdag wat vars en opwindend begin het. Die boeremark begin heel te vroeg vir die laatslaper en dis mos die laatslaper wat ongeag altyd uitmis. Ek weet en ek sukkel self, maar teen die tyd wat jy klaar gekoop en klaar gekuier het is daar nog ‘n volle heerlike dag wat voorlê. Somer oggende sal spontaan lekker wees om vars produkte te gaan uitsoek, maar winter oggende is vir my ekstra spesiaal. Die melkkos, pannekoek en koffie is al wat ‘n koue wintersoggend kan dokter.  

Daar is ‘n paar stalletjies wat mens sonder sukkel verniet kan aanbeveel; soos die tannie wat die tuisgemaakte klapperseep verkoop. Dis gesond en besonders vir my vel en ‘n uitstekende oorspronklike geskenk.

Die boere sal jou ook herinner daaraan dat ons grond vars vreugdes bied. Ek vat die blomme en plantjies huistoe om my huis in te kleur of om ‘n glimlag op my moeder se gesig te sit.

Die aromaties speserye en oneindige geure sal ‘n outomatiese gunsteling bly. Ek versamel die speserye en maak my eie mengsels sodat ek nie onbewustelik Woolies ryk maak nie. Mens hoef byvoorbeeld nie altyd kerriepoeier te koop nie. Mens kan ook jou eie poeier maak met die unieke bydrae van jou eie smake.

Die regverdige pryse en oneiendige opsies sal jou kleurvol besig hou op ‘n Saterdag oggend. Ongeag is die Pretoria Boeremark perfek vir ‘n kuiersessie terwyl mens die vars lug benut en geniet. Dus ‘n maklike aanbeveling vir die kosbare Pretorianer.